Genesis 31:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Jakob het toe sy vroue en kinders op kamele gelaai.

18. Hy het al die lewende hawe en ander besittings wat hy in Paddan-Aram bekom het, bymekaargemaak om na sy pa in die land Kanaän terug te gaan.

19. Laban was weg om sy skape te gaan skeer. Ragel steel toe haar pa se afgodsbeeldjies en neem dit saam met haar.

Genesis 31