Genesis 27:42-46 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

42. Esau se uitlatings is vir Rebekka oorvertel. Sy het vir Jakob laat roep en gesê: “Esau dreig om jou dood te maak.

43. Luister nou, my seun. Vlug na jou oom Laban in Haran.

44. Bly daar totdat jou broer se woede bedaar het.

45. Wanneer hy vergeet het van wat jy gedoen het, sal ek jou laat weet om jou te kom haal. Hoekom moet ek albei van julle op een dag verloor?”

46. Rebekka praat toe met Isak: “Ek is nou moeg van hierdie plaaslike Hetitiese vroue. Ek sal liewer sterf as dat Jakob ook met een van hulle trou.”

Genesis 27