Genesis 27:37-41 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

37. Isak antwoord Esau: “Ek het Jakob jou meerdere gemaak en al sy broers sal aan hom onderdanig wees. Ek het hom volop graan en wyn beloof. Wat bly nou nog oor?”

38. Esau het aanhou pleit: “Het Pa dan net één seën? Pa, seën my tog ook!” Hy het bitterlik gehuil.

39. Sy pa sê toe vir hom: “Jy sal lewe weg van die rykdom van die aardeen die dou van die hemel.

40. Jy sal ’n bestaan maak uit oorlog.Jy sal ’n tyd lank jou broer dien,maar as jy jou daarteen verset,sal jy loskom van die oorheersing.”

41. Esau het Jakob gehaat omdat hy hom van sy seën beroof het. Hy sê toe vir homself: “My pa sal nie meer lank lewe nie. Wanneer hy sterf, maak ek vir Jakob dood.”

Genesis 27