Genesis 16:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Die engel van die Here het haar by ’n fontein in die woestyn op pad na Sur gekry.

8. Die engel sê vir haar: “Hagar, diensmeisie van Sarai, waar kom jy vandaan? Waarheen gaan jy?”“Ek loop weg van my meesteres,” antwoord sy.

9. Toe sê die engel van die Here vir haar: “Gaan terug na jou meesteres toe en wees aan haar onderdanig.”

Genesis 16