Genesis 11:20-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Toe Reü 32 jaar oud was, is sy seun Serug gebore.

21. Ná die geboorte van Serug het Reü nog 207 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.

22. Toe Serug 30 jaar oud was, is sy seun Nahor gebore.

23. Ná die geboorte van Nahor het Serug nog 200 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.

24. Toe Nahor 29 jaar oud was, is sy seun Tera gebore.

25. Ná die geboorte van Tera het Nahor nog 119 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.

Genesis 11