Genesis 10:5-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Hulle nageslag het seevaarders in verskillende lande geword. Elke stam het sy eie taal gehad.

6. Die nageslag van Gam was Kus, Egipte, Put en Kanaän.

7. Die nageslag van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama was Skeba en Dedan.

8. Een van Kus se nakomelinge was Nimrod, die eerste krygsman op aarde.

9. Hy was ’n voortreflike jagter voor die Here. Sy naam het soos ’n spreekwoord geword en mense het gesê: “Soos Nimrod, die beroemde jagter voor die Here.”

10. Met die stede Babel, Erek, Akkad en Kalne het hy die grondslag vir sy ryk in Sinar gelê.

11. Daarvandaan het hy sy ryk na Assirië toe uitgebrei. Daar het hy Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou.

Genesis 10