6. Toe Haman inkom, vra die koning vir hom: “Wat dink jy moet gedoen word vir iemand wat die koning graag wil vereer?” Haman het by homself gedink: “Vir wie anders sou die koning eerder wil vereer as vir my?”
7. Hy antwoord toe die koning: “As die koning iemand graag wil vereer,
8. moet hulle van die koning se klere bring wat hy self gedra het en die perd waarop die koning self gery het met die koning se embleem op sy voorkop.
9. Die klere en die perd moet vir een van die hoogste amptenare van die koning gegee word, en hy moet die klere aantrek vir die man vir wie die koning graag wil vereer. Die amptenaar moet dan die man op die perd laat ry en hom oor die stadsplein lei terwyl hy uitroep: ‘Dit is wat gedoen word met die persoon wat die koning graag wil vereer!’”