2. Die amptenare wat in sy persoonlike diens was, sê toe vir hom: “Laat ons na mooi meisies vir die koning soek.
3. Hy moet agente aanstel om in al die provinsies van sy koninkryk mooi meisies te werf vir die koning se harem in die vestingstad Susan. Hegai, die hoof-haremopsigter, moet dan toesien dat hulle skoonheidsbehandeling ontvang.
4. Die meisie wat vir die koning die mooiste is, moet in Vasti se plek koningin gemaak word.” Die koning het van hierdie idee gehou. Hy het toe so gemaak.