18. Hulle het die priesters en die Leviete in verskillende groepe ingedeel om God in Jerusalem te dien net soos dit in Moses se boek voorgeskryf is.
19. Op 21 April het die ballinge wat teruggekom het, die Paasfees gevier.
20. Die priesters en die Leviete het hulle almal gereinig vir die geleentheid en hulle was seremonieel rein. Hulle het die paaslam vir die mense wat teruggekeer het, vir die ander priesters en vir hulleself geslag.
21. Die Israeliete wat uit ballingskap teruggekeer het, het die paasmaal geëet saam met ander mense van die land. Dit was van die mense wat nie langer aan afgodsdiens deelgeneem het nie, maar die Here, die God van Israel, gedien het.