4. Jy en jou baie soldate sal op die berge doodgemaak word. Ek maak julle kos vir die aasvoëls en wilde diere.
5. Jy sal op die oop veld val, sê die oppermagtige Here.
6. Ek gooi vuur op Magog en al sy bondgenote wat veilig langs die kus bly. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.
7. “So sal die mense van Israel My leer ken as die Heilige. Ek sal nie dat hulle my verder ontheilig nie. En die nasies sal ook besef dat Ek die Here is, die Heilige van Israel.
8. Die oordeelsdag kom nader, sê die oppermagtige Here. Dit sal gebeur net soos Ek gesê het.
9. “Dan sal die mense van die dorpe van Israel uitgaan en met jou soldate se wapens vuur maak – met groot en klein skilde, boë en pyle, steekspiese en werpspiese. Hulle sal sewe jaar lank daarmee kan vuur maak.