7. Ek het gesê soos Hy my beveel het. Skielik was daar ’n gedreun terwyl ek praat. Die bene van elke liggaam het bymekaargekom soos dit voorheen was.
8. Terwyl ek gekyk het, het spiere en vleis oor die bene gevorm. Toe het vel die liggame toegemaak. Maar daar was nie lewe in hulle nie.
9. Toe sê Hy vir my: “Praat met die wind en sê: ‘So sê die oppermagtige Here: Wind, kom vanuit die vier windrigtings! Blaas in hierdie dooie liggame sodat hulle lewend kan word!’”
10. Ek het toe gesê soos ek beveel is, en die wind het in die liggame gekom en hulle het begin asemhaal. Hulle het lewend geword en op hulle voete gaan staan, ’n groot klomp mense.