Esegiël 29:8-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. “Daarom sê die oppermagtige Here: Ek bring ’n leër teen jou, Egipte, en vernietig jou mense en diere.

9. Egipte sal ’n verlate puinhoop wees, en die mense van Egipte sal besef dat Ek die Here is.“Want jy het gesê: ‘Die Nyl behoort aan my. Ek het dit self gemaak.’

10. Nou het Ek jou en jou rivier se vyand geword. Ek vernietig Egipte, van Migdol tot Aswan, tot by die grens van Kus.

11. Vir 40 jaar lank sal niemand, nie ’n mens of dier, daar verbygaan nie. Niemand sal daar bly nie.

12. Ek maak Egipte verlate, omring deur ander nasies wat verlate is. Die stede sal leeg en verlate lê vir 40 jaar, omring deur verlate stede. Ek verstrooi die mense van Egipte na verre lande.

Esegiël 29