Esegiël 23:6-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Hulle was almal aantreklike jong mans, goewerneurs en bevelvoerders, met pers klere aan. Hulle het op perde rondgejaag.

7. Sy was ’n prostituut vir die begeerlikste Assiriërs. En sy het die gode van haar minnaars aanbid.

8. Toe sy weggetrek het uit Egipte waar sy saam met jong mans geslaap het wat haar as maagd onteer het, het sy nie opgehou om haar as prostituut aan te bied nie.

9. Daarom het Ek haar aan haar minnaars oorgelewer, die Assiriërs wat sy so begeer het.

10. Hulle het haar kaal uitgetrek en haar doodgemaak. Hulle het haar kinders weggeneem. Elke vrou in die land het van haar geweet: sy was die sondaar wat gekry het wat sy verdien het.

11. “Alhoewel Oholiba gesien het wat met haar sussie gebeur, het sy aangehou om presies net so te maak. Trouens, sy was selfs nog erger. Sy het haar ten volle oorgegee aan haar sonde en prostitusie.

Esegiël 23