1. “Sing hierdie begrafnislied oor die leiers van Israel:
2. “‘Wat is jou ma?’n Leeuwyfie tussen leeus!Sy lê tussen die jong leeusen maak haar welpies groot.
3. Sy het een van haar welpiesas ’n sterk jong leeu laat grootword.Hy het geleer om prooi te vang.Toe het hy mense begin vang.
4. Die nasies het van hom gehoor.Hulle het hom in ’n vanggat gevang.En hulle het hom in kettingsna Egipte weggelei.
5. “‘Toe die leeuwyfie siendat al haar hoop vir hom vernietig is,het sy ’n ander welpie gevaten hom ’n sterk jong leeu gemaak.