8. Julle is bang vir oorlog, en dis oorlog wat Ek oor julle gaan bring, sê die oppermagtige Here.
9. “Ek dryf julle uit Jerusalem en gee julle oor aan vreemdelinge wat julle namens My sal straf.
10. Julle sal al langs die grense van Israel uitgeroei word, en dan sal julle weet dat Ek die Here is.
11. Nee, hierdie stad sal nie ’n ysterpot vir julle wees nie, en julle sal nie daarbinne so veilig soos vleis wees nie. Ek sal julle straf tot by die grense van Israel.
12. “Dan sal julle weet dat Ek die Here is. Julle het mos geweier om aan My gehoorsaam te wees. Julle het eerder al die verkeerde dinge gedoen wat die nasies rondom julle gedoen het.”
13. Terwyl ek nog gepraat het, het Pelatja seun van Benaja skielik gesterf. Ek het toe met my gesig op die grond neergeval en uitgeroep: “O oppermagtige Here, gaan U almal in Israel doodmaak?”
14. Die Here het vir my gesê: