26. Bokant die koepel bo hulle koppe was daar iets soos ’n troon van blou saffier. Hoog bokant hierdie troon was daar ’n figuur wat soos ’n mens gelyk het.
27. Van sy heupe af boontoe het sy lyf gegloei soos witwarm metaal. En van sy heupe af ondertoe het hy gelyk soos ’n baie helder vlam wat brand.
28. Reg rondom hom was die lig so helder soos die glans van ’n reënboog tussen die wolke. So het die heerlikheid van die Here aan my verskyn. Toe ek dit sien, het ek op my gesig op die grond neergeval, en toe het ek gehoor dat iemand met my praat.