Eksodus 4:25-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Sy vrou, Sippora, het ’n skerp mes gevat en haar seun se voorvelletjie daarmee afgesny. Sy het dit teen Moses se geslagsdeel gedruk en vir hom gesê: “Jy is nou my bruidegom wat met bloed beskerm word.”

26. (Toe sy Moses ’n “bruidegom wat met bloed beskerm word” genoem het, het sy na die besnydenis verwys.) Die Here het hom hierna met rus gelaat.

27. Die Here het vir Aäron gesê: “Gaan ontmoet Moses in die woestyn.” Aäron het gegaan en Moses by die berg van God teëgekom. Hy het hom omhels.

28. Moses het vir Aäron alles vertel van die opdrag wat die Here hom gegee het en die tekens wat hy moes doen.

Eksodus 4