Eksodus 18:3-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Sy een seun se naam was Gersom omdat Moses ’n vreemdeling was in ’n ander land.

4. Die ander seun se naam was Eliëser omdat die God van sy voorouers hom gehelp het en van die vervolging van die farao gered het.

5. Moses se skoonpa, Jetro, het toe saam met sy twee seuns en sy vrou by Moses aangekom waar hy in die woestyn kamp opgeslaan het by die berg van God.

6. Hy het vir Moses laat weet: “Ek, jou skoonpa Jetro, het saam met jou vrou na jou toe gekom. Sy het haar twee seuns by haar.”

7. Moses het toe sy skoonpa gaan ontmoet. Hy het voor hom gebuig en hom gesoen. Ná hulle mekaar uitgevra het oor hoe dit met die ander gaan, is hulle na Moses se tent toe.

Eksodus 18