4. Die Here het toe vir Moses gesê: “Ek gaan vir julle kos uit die hemel laat reën. Die volk kan elke dag uitgaan en genoeg kos vir die dag bymekaarmaak. Ek gaan hulle toets om te kyk of hulle na my wil luister of nie.
5. Op die sesde dag moet hulle twee keer soveel as gewoonlik bymekaarmaak.”
6. Moses en Aäron het vir die Israeliete gesê: “Teen vanaand sal julle weet dat dit die Here self is wat julle uit Egipte laat wegtrek het.