Eksodus 16:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Israeliete is weg van Elim af en het by die Sinwoestyn tussen Elim en die Sinaiberg aangekom. Dit was ’n maand nadat hulle uit Egipte weg is.

2. Daar in die woestyn het almal teen Moses en Aäron begin uitvaar:

3. “Die Here kon ons eerder in Egipte laat doodgaan het. Daar was ten minste genoeg om te eet. Nou het julle ons hier na die woestyn toe gebring sodat almal hier van honger kan doodgaan.”

Eksodus 16