14. “Jy mag geeneen van die gode van die naburige nasies aanbid nie,
15. want die Here jou God wat naby jou is, is ’n God wat onverdeelde lojaliteit vereis. As jy ander gode aanbid, sal sy woede teen jou opvlam en Hy sal jou van die aarde af wegvee.
16. “Moenie die Here julle God beproef soos julle by Massa gedoen het nie.
17. Julle moet al die bevele van die Here julle God, al die vereistes en voorskrifte wat Hy vir julle gegee het, noukeurig gehoorsaam.
18. Doen wat reg en goed is vir die Here sodat dit met jou goed mag gaan en jy die land in besit kan neem wat die Here plegtig aan jou voorouers beloof het.
19. Jy sal al die vyande uitdryf wat nou in jou land bly, net soos die Here gesê het.
20. “As jou kinders jou in die toekoms vra: ‘Wat beteken al hierdie vereistes, voorskrifte en bepalings wat die Here ons God vir ons gegee het om na te kom?’
21. dan moet jy vir hulle vertel: ‘Ons was slawe van die farao in Egipte, maar die Here het ons met sy krag uit Egipte gered.