Deuteronomium 27:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Op die afgewitte klippe moet jy die bepalings van die gebooie duidelik neerskryf.”

9. Moses en al die Levitiese priesters het toe die hele Israel soos volg toegespreek: “Israel, wees stil en luister! Vandag het jy die volk van die Here jou God geword.

10. Wees gehoorsaam aan die Here jou God en kom al hierdie opdragte en voorskrifte na wat ek vandag vir jou gee.”

Deuteronomium 27