Deuteronomium 20:16-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. “Wat betref die stede van die nasies wat die Here jou God vir jou as ’n erfenis gee: Jy moet alles wat daarin lewe, doodmaak.

17. Jy moet die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en die Jebusiete heeltemal uitroei soos wat die Here jou God jou beveel het.

18. Dit sal verhoed dat hulle julle leer om al die afskuwelike gode te maak wat hulle vir hulleself as gode gemaak het, en so teen die Here julle God sondig.

19. “Wanneer julle ’n stad vir ’n lang tyd beleër, moenie die bome afkap nie. Eet die vrugte daarvan, maar moenie die bome afkap nie. Die bome is mos nie die vyand wat jy moet aanval nie!

20. Jy mag egter bome afkap wat jy weet nie vir kos gebruik kan word nie. Gebruik dit om daarvan toerusting te maak wat jy nodig het om die stad te beleër totdat dit in jou hande val.”

Deuteronomium 20