Deuteronomium 18:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Onthou dat die Levitiese priesters en die res van die stam van Levi nie grond in die land sal ontvang soos die ander stamme van Israel nie. In plaas daarvan sal die priesters en Leviete van die vuuroffers vir die Here eet. Dit sal hulle erfenis wees.

2. Hulle sal geen grondgebied van hulle eie tussen hulle landgenote hê nie. Die Here is self hulle erfdeel net soos Hy hulle beloof het.

3. “Die priesters mag wel aanspraak maak op dele van die offers wat die volk bring. Van ’n bees of ’n skaap kan die priesters die blad, die kakebene en die pens kry.

4. Jy moet ook vir die priesters die eerste deel van die koringoes, die nuwe wyn, olyfolie en die eerste skeersel wol gee.

Deuteronomium 18