Daniël 12:9-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Hy sê toe: “Daniël, gaan nou maar. Hierdie woorde is gesluit en verseël tot in die eindtyd.

10. Baie sal gesuiwer en gereinig word en deur hierdie dinge gelouter word. Dié wat kwaad doen, sal aanhou om kwaad te doen. Nie een van die kwaaddoeners sal enigiets verstaan nie, maar hulle wat verstandig is, sal wel verstaan.

11. “Van die tyd af dat die gereelde offer afgeskaf is en die gruwelike ding wat verwoesting aanrig, opgerig is, sal 1 290 dae verloop.

12. Gelukkig is hulle wat bly wag totdat 1 335 dae verby is.

13. “En wat jou aanbetref, Daniël, jy sal gaan rus in die graf, maar jy sal weer opstaan aan die einde en jy sal kry wat vir jou as erfdeel bepaal is.”

Daniël 12