Amos 5:2-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. “Die jong meisie Israelhet geval.Sy sal nie weer opstaan nie!Sy lê verlate op die grond met niemand om haar op te help nie.”

3. So sê die oppermagtige Here:“As ’n stad in Israel 1 000 manskappe uitstuur, sal net 100 oorleef.As ’n stad 100 manskappe uitstuur, sal net tien dit oorleef.”

4. Verder sê die Herevir die volk Israel:“Kom terug na My toe, en leef!

5. Moenie afgode raadpleegin Bet-El nie. Moet ook nie na Gilgal gaanof na Berseba toe nie.Die mense van Gilgal sal in ballingskap gaan.Niks sal oorbly van die mense van Bet-El nie.”

Amos 5