2 Tessalonisense 3:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ten slotte, broers en susters, bid vir ons sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en net soos by julle met eerbied ontvang word.

2. Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense, want nie alle mense kan vertrou word nie.

3. Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar.

4. Verder gee die Here ons sekerheid oor julle, dat julle dit wat ons vra, doen en sál doen.

2 Tessalonisense 3