2 Samuel 18:13-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. As ek verraad teen my koning sou pleeg deur sy seun dood te maak, sal die koning dit uitvind en u sou nie vir my intree nie.”

14. “Dis nou genoeg van jou praatjies,” sê Joab. Hy vat toe drie spiese en steek dit deur Absalom se hart terwyl hy nog lewendig tussen hemel en aarde aan die boom hang.

15. Tien van Joab se wapendraers het Absalom omsingel, hom aangeval en afgemaai.

16. Daarna het Joab op die ramshoring laat blaas en sy soldate het opgehou om die leër van Israel te agtervolg.

17. Hulle het Absalom se liggaam in ’n diep gat in die bos gegooi en ’n groot hoop klippe daarop gestapel. Die hele Israel het egter na hulle huise toe gevlug.

18. Terwyl hy nog gelewe het, het Absalom vir homself ’n gedenkteken in die Koningslaagte opgerig, want hy het gesê: “Ek het tog nie ’n seun wat my naam in gedagtenis kan hou nie.” Hy het die gedenkteken na homself vernoem en dit staan vandag nog bekend as “Absalom se Gedenkteken”.

19. Sadok se seun Agimaäs sê toe: “Laat ek tog hardloop en aan die koning die goeie nuus bring dat die Here hom van sy vyand verlos het.”

20. “Nee!” sê Joab vir hom. “Vandag moet jy nie die tyding bring nie. Op ’n ander keer kan jy my boodskapper wees, maar nie vandag nie, want die koning se seun is dood.”

2 Samuel 18