5. Wanneer iemand dan voor hom wil buig, het hy sy hand gevat, hom omhels en hom gesoen.
6. So het Absalom gemaak met elkeen wat vir regspraak na die koning toe gekom het. Op hierdie manier het hy die toegeneentheid van almal in Israel gewen.
7. Na vier jaar sê Absalom vir die koning: “Laat my toe om na Hebron toe te gaan om daar my gelofte vir die Here te gaan betaal.
8. Terwyl ek in Gesur was, het ek belowe dat ek die Here sal aanbid as Hy my na Jerusalem toe terugbring.”
9. “Gaan gerus maar,” antwoord die koning hom.Absalom het toe na Hebron toe gegaan.
10. Terwyl hy daar was, stuur hy boodskappers na al die stamme van Israel en sê: “Sodra julle die trompette hoor, moet julle sê: ‘Absalom is in Hebron tot koning gekroon.’”
11. Hy het 200 gaste uit Jerusalem saamgeneem. Hulle het niks geweet van die hele plan nie.