2 Samuel 15:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Kort hierna het Absalom vir hom ’n koets en perde aangeskaf. 50 man het voor hom uit gehardloop.

2. Hy het elke oggend vroeg opgestaan en by die ingang na die stad gaan stelling inneem. Wanneer mense na die koning toe daar verbykom om uitspraak oor ’n saak te kry, het Absalom hulle gevra: “Van watter stad kom jy?” As hy sê dat hy uit een van die stamme van Israel kom,

3. sê Absalom: “Jy het ’n sterk en regverdige saak, maar daar is niemand om namens die koning na jou te luister nie.”

4. Dan voeg hy by: “As ek maar as regter in die land aangestel was, kon elkeen met ’n regsgeding of ’n klagte na my toe kom en ek sou regverdige uitsprake lewer!”

2 Samuel 15