2 Petrus 1:9-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Mense wie se lewe nie wys dat God se beloftes in hulle waar geword het nie, is blind, of – ten minste – kortsigtig. Hulle het klaar vergeet dat God hulle gereinig het van hulle vorige sondige leefstyl.

10. Daarom, broers en susters, werk nog harder daaraan om met julle leefstyl te bewys dat God julle regtig geroep en gekies het. As julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.

11. En dan sal julle sonder ophou en sonder dat iets julle hinder, kan deelneem aan die ewige koningsheerskappy van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.

12. Dis waarom ek julle altyd aan hierdie dinge sal herinner, al weet julle dit en al leef julle reeds noukeurig volgens die waarheid wat by julle is.

13. Ek beskou dit inderdaad as my plig om julle hieraan te herinner so lank as wat ek nog lewe.

14. Ons Here Jesus het dit egter aan my bekendgemaak dat ek binnekort gaan sterf.

2 Petrus 1