2 Kronieke 36:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Jojakim was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en het elf jaar in Jerusalem regeer. Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here sy God.

6. Koning Nebukadnesar van Babel het na Jerusalem toe gekom en dit ingeneem. Hy het Jojakim met bronskettings geboei en hom na Babel toe geneem.

7. Nebukadnesar het ook van die skatte uit die tempel van die Here gevat en dit in sy paleis in Babel gesit.

2 Kronieke 36