2 Kronieke 27:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Jotam was 25 jaar oud toe hy koning geword het en het sestien jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Jerusa, dogter van Sadok.

2. Hy het gedoen wat reg was vir die Here, net soos sy pa Ussia gedoen het. Maar hy het nie soos sy pa in die tempel van die Here oortree nie. Nogtans het die volk voortgegaan met hulle afstootlike gebruike.

3. Jotam het die boonste poort na die Here se tempel herbou en het aansienlike bouwerk aan die muur by die Ofelheuwel gedoen.

4. Hy het dorpe in die heuwels van Juda gebou en forte en torings in die bosse opgerig.

2 Kronieke 27