2 Kronieke 24:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Joas was sewe jaar oud toe hy koning geword het en hy het 40 jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Sibja uit Berseba.

2. So lank as wat Jojada die priester geleef het, het Joas gedoen wat reg was vir die Here.

3. Jojada het twee vroue vir Joas gekies. Hy het seuns en dogters gehad.

4. Met verloop van tyd het Joas besluit om die tempel van die Here te herstel.

5. Hy het die priesters en Leviete opgeroep en die volgende opdrag gegee: “Gaan dadelik na al die dorpe van Juda en samel die vereiste jaarlikse bydrae van die hele Israel in sodat ons die tempel van julle God kan herstel. Moenie versuim nie!” Die Leviete het egter nie dadelik gegaan nie.

2 Kronieke 24