2 Kronieke 22:9-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Jehu het Ahasia laat soek en hom gekry waar hy in Samaria weggekruip het. Hulle het hom na Jehu toe gebring en hy het hom ook doodgemaak. Ahasia het ’n behoorlike begrafnis gekry, want daar is gesê: “Hy was die kleinkind van Josafat, ’n man wat die Here met sy hele hart gedien het.” Daar was geen oorlewende lid van Ahasia se familie wat in staat was om die koninkryk te regeer nie.

10. Toe Atalia, die ma van koning Ahasia van Juda, hoor dat haar seun dood is, het sy die res van Juda se koningshuis uitgeroei.

11. Maar Jehoseba die dogter van koning Joram, het Ahasia se klein seuntjie Joas stilletjies weggevat tussen die ander seuns wat doodgemaak sou word. Sy het Joas en sy oppasser in ’n slaapkamer weggesteek. Jehoseba was die dogter van koning Joram en was getroud met Jojada die priester, en was die suster van Ahasia. Sy het die kind weggesteek sodat Atalia hom nie kon doodmaak nie.

12. Joas is ses jaar lank in die tempel van God weggesteek terwyl Atalia oor die land regeer het.

2 Kronieke 22