2 Kronieke 17:6-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Hy was toegewyd aan die wil van die Here. Hy het ook die heidense hoogtes afgebreek en die Asjerapale vernietig.

7. In die derde jaar van sy bewind het Josafat sy amptenare gestuur om in al die dorpe van Juda onderrig te gee. Hierdie amptenare het die volgende persone ingesluit: Ben-Gajil, Obadja, Sagaria, Netanel en Miga.

8. Hy het ook die volgende Leviete uitgestuur: Semaja, Netanja, Sebadja, Asael, Semiramot, Jonatan, Adonia, Tobija en Tob-Adonija. Die priesters Elisama en Joram was ook saam met hulle.

9. Hulle het afskrifte van die boek van die gebooie van die Here saamgeneem. Hulle het rondgegaan by al die dorpe van Juda en die volk onderrig.

10. Vrees vir die Here het oor al die omliggende koninkryke gekom sodat nie een van hulle oorlog teen Josafat verklaar het nie.

2 Kronieke 17