2 Kronieke 14:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe Abia sterf, is hy begrawe in die Dawidstad. Sy seun Asa het hom opgevolg. Daar was vir tien jaar lank vrede in die land,

2. want Asa het gedoen wat goed en reg is in die oë van die Here sy God.

3. Hy het die heidense altare en hoogtes verwyder. Hy het ook die klippilare en Asjerapale stukkend gebreek.

4. Hy het die volk van Juda beveel om die Here die God van hulle voorouers te gehoorsaam en sy gebooie en opdragte uit te voer.

2 Kronieke 14