2 Kronieke 12:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Maar toe Rehabeam se koningskap goed gevestig en hy sterk was, het hy die voorskrifte van die Here verontagsaam. Die hele Israel het sy voorbeeld gevolg.

2. Omdat hulle ontrou was aan die Here, het Hy koning Sisak van Egipte teen Jerusalem laat optrek. Dit was in die vyfde jaar van koning Rehabeam se bewind.

3. Sisak het met 1 200 strydwaens, 60 000 ruiters en ’n ontelbare leër van voetsoldate, insluitende Libiërs, Sukkeërs en Kussiete, uit Egipte opgetrek.

4. Sisak het Juda se versterkte stede verower en het tot by Jerusalem gekom.

5. Die profeet Semaja het met Rehabeam en die leiers van Juda wat almal uit vrees vir Sisak na Jerusalem toe gevlug het, gepraat. Semaja het gesê: “Dit is wat die Here sê: Julle het My verlaat; daarom het Ek julle verlaat en aan Sisak oorgegee.”

2 Kronieke 12