2 Korintiërs 13:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dit is die derde keer dat ek nou na julle toe kom. “In die mond van twee of drie getuies staan elke woord vas.”

2. Ek het dit vroeër gesê toe ek julle die tweede keer besoek het, en ek herhaal dit nou weer terwyl ek nog afwesig is – ek sê dit vir dié wat al vroeër sonde gedoen het, en ook vir die ander: As ek nou weer kom, sal ek niemand ontsien nie.

2 Korintiërs 13