2 Konings 6:30-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

30. Toe die koning dit hoor, skeur hy sy klere van radeloosheid. Soos die koning al met die muur loop, merk die mense dat hy ’n roukleed onder sy klere dra.

31. “Mag God my tref as ek vandag Elisa seun van Safat se kop aan sy lyf laat bly,” sê die koning.

32. Elisa het in sy huis gesit en praat met die leiers van Israel. Die koning het ’n boodskapper vooruit gestuur, maar voordat hy daar aankom, sê Elisa vir die leiers: “Kyk, die moordenaarskind het iemand gestuur om my kop af te kap. Wanneer hy hier aankom, moet julle die deur sluit en hom buite hou. Sy koning is kort agter hom.”

33. Terwyl Elisa besig was om dit te sê, kom die boodskapper daar aan met die boodskap: “Die koning sê: Die Here het al hierdie ellende oor ons gebring! Hoekom moet ek nog langer vir die Here wag?”

2 Konings 6