2 Konings 2:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die tyd het aangebreek dat die Here vir Elia in ’n stormwind na die hemel toe sou opneem. Elia en Elisa was op pad van Gilgal af.

2. Elia sê toe vir Elisa: “Bly hier, want die Here stuur my na Bet-El toe.”Maar Elisa antwoord hom: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie!” Hulle het toe saam na Bet-El toe gegaan.

2 Konings 2