8. Die ander gebeurtenisse tydens Joahas se bewind, alles wat hy gedoen het en sy dapper dade, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel.
9. Toe Joahas sterf, is hy in Samaria begrawe. Sy seun Joas het in sy plek koning geword.
10. In die 37ste jaar van koning Joas se regering in Juda het Joas seun van Joahas koning geword oor Israel. Hy het sestien jaar in Samaria regeer.
11. Maar hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here. Hy het nie afgesien van die afgodery wat Jerobeam seun van Nebat hulle geleer het om te doen nie, maar daarmee volhard.
12. Die ander gebeurtenisse tydens Joas se bewind, alles wat hy gedoen het, sy dapper dade tydens sy oorloë met koning Amasia van Juda, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel.
13. Toe Joas sterf, het Jerobeam II hom opgevolg. Joas is in Samaria by die konings van Israel begrawe.