10. As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer met hom saambring nie, moet julle hom nie aan huis ontvang nie en julle moet hom nie eers groet nie.
11. Elkeen wat hom groet, vereenselwig hom met daardie persoon se bose optrede.
12. Ek het nog baie dinge om aan julle te skryf, maar ek wil dit nie met papier en ink doen nie, omdat ek hoop om by julle uit te kom en van aangesig tot aangesig met julle te praat, sodat ons ten volle gelukkig kan wees.
13. Die kinders van jou suster, die vrou wat uitgekies is, stuur vir jou groete.