41. Maar gedurende die regering van koning Hiskia van Juda het die leiers van Simeon die gebied binnegeval en hulle het die huise van die afstammelinge van Gam en van die Meüniete as banoffer volledig vernietig. Hulle het almal doodgemaak wat daar gebly het en die land vir hulleself gevat, want hulle het die goeie weiveld vir hulle kuddes nodig gehad.
42. 500 van hierdie invallers van die stam van Simeon het na Seïrberg getrek, gelei deur Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, almal seuns van Jisi.
43. Hulle het die paar Amalekiete wat oorleef het, vernietig. En hulle bly daar tot vandag toe.