1 Kronieke 4:18-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Mered se Egiptiese vrou se naam was Bitja, en sy was ’n Egiptiese prinses. Mered het ook met ’n vrou van Juda getrou wat die ma geword het van Jered, die pa van Gedor, Geber, die pa van Soko, en Jekutiël, die pa van Sanoag.

19. Hodija se vrou was die suster van Nagam, pa van Keïla. Haar seuns was Garmi en Estemoa van Maäka.

20. Die seuns van Simon was Amnon, Rinna, Ben-Ganan en Tilon. Die afstammelinge van Jisi was Soget en Ben Soget.

21. Sela was een van Juda se seuns. Die afstammelinge van Sela was Er, die pa van Leka, Lada, die pa van Maresa, die families van linnewewers van Bet-Asbea,

1 Kronieke 4