1 Kronieke 25:3-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Jedutun het ses seuns gehad: Gedalja, Seri, Jesaja, Simi, Gasabja en Mattitja. Hulle het onder leiding van hulle pa, Jedutun, gewerk wat God se boodskappe verkondig het terwyl die siter gespeel is, en dank en lof aan die Here geoffer is.

4. Heman se seuns was Bukkija, Mattanja, Ussiël, Subael, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.

5. Hulle almal was die seuns van Heman, die koning se siener, want God het hom geëer met veertien seuns en drie dogters.

6. Al hierdie mans het onder leiding van hulle pa’s gewerk terwyl hulle in die huis van die Here musiek gemaak het. Hulle verantwoordelikhede het ingesluit dat hulle die simbale, harpe en siters bespeel het in die huis van God. Asaf, Jedutun en Heman het direk aan die koning gerapporteer.

7. Hulle en hulle families is almal opgelei om voor die Here musiek te maak. Elkeen van hulle, 288 in totaal, was ’n bedrewe musikant.

1 Kronieke 25