1 Kronieke 2:30-41 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

30. Die seuns van Nadab was Seled en Appajim. Seled is dood sonder kinders,

31. maar Appajim het ’n seun met die naam Jisi gehad. Die seun van Jisi was Sesan. Sesan se afstammeling was Aglai.

32. Sammai se broer Jada het twee seuns gehad, Jeter en Jonatan. Jeter is dood sonder kinders,

33. maar Jonatan het twee seuns gehad, Pelet en Sasa. Dit was die afstammelinge van Jeragmeël.

34. Sesan het geen seuns gehad nie, alhoewel hy dogters gehad het. Hy het ook ’n Egiptiese dienaar gehad met die naam Jarga.

35. Sesan het een van sy dogters aan Jarga as vrou gegee. Hulle het ’n seun met die naam Attai gehad.

36. Attai was die pa van Natan. Natan was die pa van Sabad.

37. Sabad was die pa van Eflal. Eflal was die pa van Obed.

38. Obed was die pa van Jehu. Jehu was die pa van Asarja.

39. Asarja was die pa van Geles. Geles was die pa van Elasa.

40. Elasa was die pa van Sismai. Sismai was die pa van Sallum.

41. Sallum was die pa van Jekamja. Jekamja was die pa van Elisama.

1 Kronieke 2