1 Kronieke 2:11-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Nagson was die pa van Salmon. Salmon was die pa van Boas.

12. Boas was die pa van Obed. Obed was die pa van Isai.

13. Isai se oudste seun was Eliab, sy tweede was Abinadab, sy derde was Samma,

14. sy vierde was Netanel, sy vyfde Raddai,

15. sy sesde was Osem en sy sewende was Dawid.

16. Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja het drie seuns gehad met die name Abisai, Joab en Asael.

17. Abigal het met ’n man met die naam Jeter, ’n Ismaeliet, getrou. Hulle seun was Amasa.

1 Kronieke 2