1. Die seuns van Israel was Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon,
2. Dan, Josef, Benjamin, Naftali, Gad en Aser.
3. Juda het drie seuns by Bat-Sua, ’n Kanaänitiese vrou, gehad. Hulle name was Er, Onan en Sela. Die oudste seun, Er, was ’n bose man in die oë van die Here en daarom het Hy hom doodgemaak.
4. Later het Juda tweelingseuns by Tamar, sy weduwee-skoondogter gehad. Hulle name was Peres en Serag. Juda het dus vyf seuns in totaal gehad.