1 Kronieke 16:33-39 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

33. Laat die bome van die bos jubel voor die Here!Want Hy kom om die aarde te oordeel.

34. Dank die Here, want Hy is goed!Sy troue liefde duur vir altyd.

35. Julle moet uitroep: “Red ons, God van ons heil!Versamel en red ons van die nasies, sodat ons u heilige Naam kan dank,sodat ons kan bly wees, en U kan prys!”

36. Prys die Here, die God van Israel, vir altyd en altyd!Al die mense het “Amen!” uitgeroep en die Here geprys.

37. Dawid het gereël dat Asaf en sy mede-Leviete gereeld voor die verbondsark van die Here diens doen soos elke dag vereis word.

38. Hierdie groep sluit ook Obed-Edom, seun van Jedutun, en Gosa en 68 ander Leviete in. Hulle was poortwagters.

39. Intussen het Dawid vir Sadok, die priester, en sy medepriesters by die tabernakel van die Here op die Gibeonhoogte gestasioneer.

1 Kronieke 16